YouTube

YouTube
Tipe Filiaalmaatskappy
Gestig 14 Februarie 2005
Hoofkantoor San Bruno, KaliforniëVerenigde State
SleutelpersoneSusan Wojcicki (hoofuitvoerendebeampte)
Chad Hurley (raadgewer)
Gebied bedienWêreldwyd, behalwe vir afkeurende lande
IndustrieInternet
ProdukteVideooplaaidiens
MoedermaatskappyAlphabet Inc.
SlagspreukBroadcast Yourself (2005–2012)
Webwerfyoutube.com
Van links na regs: Chad Hurley, Steve Chen en Jawed Karim.
YouTube se hoofkantoor in San Bruno, Kalifornië
YouTube
Taal(e) Veeltalig, onder andere Afrikaans, Engels, Frans, Duits, Pools, Russies, Spaans, Italiaans, Portugees, Koreaans, Chinees en Nederlands.
Registrasie Opsioneel
Eienaar Google
Opgerig 15 Februarie 2005
Huidige status Aktief
URL www.youtube.com

YouTube is 'n webwerf wat gebruikers in staat stel om video's op te laai, koers, kommentaar, deel, en na ander opgelaaide video's te kyk. Die webwerf behels films, musiek videos, nuus, opvoedkundige programme, sowel as video blogs, skyfievertonings, humoristiese video's, en nog baie meer te kyk. YouTube is tans die grootste video webwerf op die Internet.

YouTube is in Februarie 2005 opgerig deur drie voormalige PayPal medewerkers. 'n Groot verskil met ander video webwerwe in die tyd was dat alle video's outomaties omgeskakel word na een formaat wat vir baie mense toeganklik is, Flash video (.flv). Dit, gekombineerd daarmee dat die hele webwerf gratis vir gebruik is, het daarvoor gesorg dat YouTube nou die grootste videowebwerf op die internet geword het, en één van die grootste webwerwe op die internet in sy geheel.

Die meerderheid van die video's op YouTube word deur indiwiduë uit die publiek uit opgelaai, alhoewel sommige mediamaatskappye soos CBS, BBC, VEVO, Hulu en andere ook van hulle eie materiaal beskikbaar stel. Ongeregistreerde YouTube gebruikers kan gratis na video's kyk, terwyl geregistreerde gebruikers video's kan oplaai. Sommige video's wat as moontlik beledigend of aanstootlik beskou word, kan slegs deur geregistreerde gebruikers van ouer as 18 jaar gekyk word. In November 2006 is YouTube deur Google oorgeneem, teen 'n bedrag van 1.65 miljard Amerikaanse dollar. YouTube is dus tans as 'n onderafdeling van Google.

Daar word nie baie statistieke uitgegee nie, maar in Julie 2006 het YouTube 'n berig uitgegee dat daar elke dag meer as 100 miljoen video's gekyk word, en in die hele maand was uiteindelik 2,5 miljard video's afgelaai. Net in Januarie 2008 is daar al 3 miljard video's deur slegs 79 miljoen mense afgelaai.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search